BLURB:
'n Mens kan nie aan iemand voorskryf hoe om te rou of hoe om begrafnis te hou nie.
Joernalis Carla van der Spuy ondersoek die wetenskaplike, sielkundige, eksentrieke en selfs die makabere aspekte en tradisies rondom die dood. Sy gesels met kenners en vrywilligers in die mediese en begrafnisberoep, hoor van vreemde versoeke wat predikante soms ontvang, en ontdek sekere bisarre hedendaagse giere soos begrafnis-TikToks en ekstreme balseming, waar die oorledene sy eie begrafnis in 'n staande posisie kan bywoon.
"Gehoor en aanraking is die laaste vermoëns wat afsluit. Dit is waarom ek mense aanmoedig om aan die geliefde te raak, met hulle te praat en hulle 'vry' te laat." – Hermann Liebenberg