Veldgids tot Bome van Suider-Afrika - Braam van Wyk

Veldgids tot Bome van Suider-Afrika

By Braam van Wyk

  • Release Date: 2013-09-26
  • Genre: Nature

Description

Hierdie omvattend uitgebreide, hersiene uitgawe van die beste verkoper onder boom-veldgidse vir die streek bied veel meer as die hoogs suksesvolle eerste uitgawe. Volledig bygewerkte teks (insluitend bykomende spesie-inskrywings) en verspreidingskaarte, talle nuwe foto’s en ’n nuwe seksie van 87 bladsye met foto’s van die hele boom maak dié gewilde gids nog meer noodsaaklik in die veld.
Suider-Afrika het ’n ryk verskeidenheid bome, met sowat 2 100 inheemse en meer as 100 genaturaliseerde uitheemse spesies. Veldgids tot Bome van Suider-Afrika beskryf en illustreer meer as 1 000 hiervan, met die klem op die algemeenste bome en dié wat waarskynlik die meeste teëgekom word. Spesies is op grond van maklik waarneembare blaar- en stingelkenmerke logies in 43 groepe gerangskik, elke inskrywing met volkleurfoto’s van die diagnostiese dele van die plant. Praktiese gebruike van die plante word ook genoem.

Comments